Golf (fisika)

Hierdie artikel behandel golwe in die mees algemene sin; 'n aparte artikel fokus op seegolwe.

'n Golf is 'n versteuring wat voortgeplant word deur middel van pulse. Behalwe vir elektromagnetiese straling, en moontlik gravitasionele straling, wat deur 'n vakuum kan beweeg, bestaan golwe in 'n medium waardeur dit kan beweeg en energie kan oordra sonder dat enige van die deeltjies van die medium permanent verplaas word; d.w.s. daar is geen massaverplasing nie. Enige spesifieke punt ossilleer om 'n vaste punt.

Golwe se amplitudes het kruine/spitse en trôe/dale wat óf letterlik óf in 'n grafiek van die wisseling kan voorkom.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne